← Die land

Storie · 1946–1965 · v1.0

Bruid van 1946 het droogte op Klaarstroom leer ken

Anna Oosthuizen, gebore Joubert, het in 1946 uit die Boland gekom as bruid van 'n Klaarstroomse skaapboer. Jare later, in 'n droogte van haar eie, skryf sy in Die Oudtshoorn Courant oor haar skoonvader van Droogekloof, die werker wat vet vleis geëis het toe daar nie was nie, en die dagboek wat sy 'n ou man gevra het om te skryf.

Anna Oosthuizen, gebore Joubert, is op 25 Mei 1946 met Hennie Oosthuizen getroud en het uit die Boland na die Klaarstroomse veld gekom. Jare later — die stuk is ongedateer, maar dit is geskryf in 'n droogte wat toe al meer as drie jaar geduur het, en nadat haar skoonvader Almero Oosthuizen van Droogekloof in 1961 oorlede is — het sy vir die lesers van Die Oudtshoorn Courant vertel wat sy geleer het, en hoe die dagboek wat hierdie werf langs hierdie stuk publiseer (Brokkies uit oupa Almero Oosthuizen se dagboek) ooit geskryf is: sy het hom gevra om dit te skryf. Haar stuk word woordeliks gegee, in die Afrikaans waarin dit gedruk is.

Bruid van 1946 het droogte op Klaarstroom leer ken

Deur Anna Oosthuizen

OUDTSHOORN — Toe ek in 1946 uit die Boland as bruid van 'n skaapboer in die omgewing van Klaarstroom kom woon het, het die woord: DROOGTE vir my geen spesifieke betekenis gehad nie. Baie gou het ek egter geleer dat die wel en weë van 'n boer en veral 'n skaapboer, deur twee woorde bepaal word, nl. REËN en DROOGTE.

Hierdie droogte waaronder ons gemeenskap nou ook al vir meer as drie jaar ly, het my gedagtes laat teruggaan na my skoonvader, wyle mnr. Almero Oosthuizen van die plaas Droogekloof, se vertellings oor die jare 1926/1929 en die vreeslike droogte. Ons het graag geluister as hy vertel het. Die staaltjies was volop en interessant.

Een so 'n verhaal het gegaan oor Anna Hendriks en hoe hy haar getroef het. Daar was net nie meer 'n vet slagding op die plaas in daardie jare nie, maar die volkies moes slag. 'n Ontstoke Anna het die werf ingestorm met 'n blad vleis in die hand en sy het bedui: „en hoe dink die maaster nou moet ek hierdie ... hierdie stuk bloumaer vleis eet?"

Arme pa, wat ook maar sy bekommernisse in sy hart omgedra het, en lank geworstel het met die gedagte of hy nie maar liewer met sy vee Langkloof toe moes trek nie, het toe vir Anna gesê, met versugting en wrange humor: „Anna Hendriks, al vet ding op hierdie plaas nog oor is ek. Kom slag my dan maar!"

Dit het Anna Hendriks vir die res van die droogtejare stilgemaak en klagtes oor maer vleis het gestaak. Trouens, sy e[n haar] man het die trek na die Langkloof getrou opgepas en dit het nie by hulle oppassery geskort dat slegs 1 500 van die 5 000 skape en bokke die droogte oorleef het nie.

'n Paar jaar voor sy heengaan het ons weer met skoonvader Oosthuizen oor sy ondervindings gesels en ek het hom gevra om sy herinnerings neer te skryf met spesiale verwysing na die droogtes.

Onlangs het ek daardeur geblaai en vir my was die feite wat ek oor die boerdery van daardie jare te lese gekry het, baie interessant.

Ek het die paar uittreksels daaruit gemaak en ek hoop my lesers vind dit ook interessant.

Die uittreksels wat sy gemaak het, volg in die volgende stuk, Brokkies uit oupa Almero Oosthuizen se dagboek.

Die bladsy self

Die knipsel het in die familie se papiere oorleef, met "Joubert" — haar eie familie se naam — bo-aan met die hand geskryf. Die skanderings kan van die dokumentblaaie afgelaai word: die volle bladsy, die linkerhelfte en die regterhelfte van die dagboek se vervolg.

Wat nie vasstaan nie

Die koerant se datum is nie op die knipsel nie. Die stuk is ná Oktober 1961, toe Almero Oosthuizen oorlede is, en dit praat van 'n droogte wat toe in sy vierde jaar was. Watter droogte dit was, en dus watter Saterdag se Courant dit is, is 'n oop vraag.

Waaroor hierdie storie gaan

Bronne

Alles waarop hierdie storie rus, met 'n skakel na die oorspronklike waar een bestaan. Waar 'n verwysing onvolledig is, sê dit so: 'n onvolledige verwysing is 'n navorsingsgaping, nie 'n uitlegprobleem nie. As jou werk hier is en die erkenning verkeerd of dun is, sê asseblief en dit sal reggemaak word.

  1. Koerant Die Oudtshoorn Courant, a Saturday, bladsy tien; date cropped from the clipping - AFTER OCTOBER 1961 (her father-in-law is 'wyle') and during a drought then past its third year. [TO VERIFY] the issue dateClipping in the family's papers, 'Joubert' written at its head; scans DOC-0348/0349/0350
  2. 'Bruid van 1946 het droogte op Klaarstroom leer ken', deur Anna Oosthuizen - Die Oudtshoorn Courant Die Oudtshoorn Courant, a Saturday, bladsy tien; date cropped from the clipping - AFTER OCTOBER 1961 (her father-in-law is 'wyle') and during a drought then past its third year. [TO VERIFY] the issue dateClipping in the family's papers, 'Joubert' written at its head; scans DOC-0348/0349/0350

Navorsingsnotas

Published VERBATIM('publish them verbatim as stories'), the framing kept to an introduction and a closing note. The writer is Frans's paternal grandmother (his words, same day). The edtf_to is the loose upper bound of the article's own drought; the issue date is [TO VERIFY] on SRC-585.

[27 Aug 2026] RESEARCH SWEEP: checked, NOTHING ADDED. Its remaining uncited sources reach it through people or farms it shares with other stories - a district valuation roll, a cemetery photograph collection, a set of baptisms - rather than through its own subject. That is the residue story_currency.py describes: one source touching many stories is not many gaps.

Die navorsing agter hierdie bladsy, apart gehou daarvan: gedateerde werksnotas, oop vrae, en wat nog nie uitgemaak is nie.